GESKIEDENIS

Die huidige eienaar, FREDDY SCHMIDT (F.W.) se Oupagrootjie, en dus FREDDY se seun MARK (M.J.) se agter Oupagrootjie, het in die vroeë 1900’s op die plaas Belmont in die Senekal distrik in die Vrystaat geboer.  Die boerdery het hoofsaaklik bestaan uit ‘n Fries melkkudde en Wangenella Merino’s.  Freddy se Oupa (ook F.W. Schmidt) het hiermee voortgegaan op die familie plaas in Senekal.

In 1950 verhuis FREDDY se Pa vanaf Senekal na die plaas STORMHOEK, MEMEL.  Die groot rede hiervoor was die laer reënval (droeër klimaat), in die Senekal distrik na ‘n hoër reënvalgebied in die meer oostelike gedeelte van die Vrystaat naby die Natal grens.  Dit is dus van ‘n soeter weidingsgedeelte van die Vrystaat na ‘n suurveld gebied ongeveer 1,850 m plus bo seespieël.  Die drakrag in Memel (ongeveer 3 hektaar per GVE) was ook heelwat hoër as in Senekal (ongeveer 5 – 6 hektaar per GVE).  Dit alles blyk toe ‘n baie goeie taktiese skuif te gewees het!

JOHAN (Freddy se Pa) het in 1952 begin om hulle kudde Merino’s te kruis met Duitse Merino ramme.  Dit was absoluut Pa Johan se eie keuse!  Die groot beweegrede hiervoor was om ‘n vrugbare aangepaste skaap te teel wat vleis en wol effektief en moeitevry van die veld af kon produseer!  Terwyl Pa Johan hiermee besig was het die teling van die Dohne-merino ras in Stutterheim begin, en dit, sonder dat die onderskeie partye van mekaar se doelwitte geweet het!

Freddy kom in 1978 Stormhoek toe (“plaas toe”) na sy studies waar hy aan die Stellenbosch Universiteit ‘n graad verwerf het in Landbou Bestuur sowel as ‘n Honneurs in Landbou Ekonomie.  Verder het hy doelgerigte en waardevolle praktiese ondervinding opgedoen saam met sy Vader Johan, wat hom na ‘n “saamboerdery” van ongeveer 5 jaar later ontval het.

Gedurende 1978 het Dr Hannes Dreyer die plaas besoek en die kudde besigtig en gesien dat dit dieselfde tipe skaap is wat in Stutterheim geteel word!  Die kudde is dadelik opgeneem as F2’s in die Dohne register aangesien hulle feitlik dieselfde standaarde gebruik het!

In 2008 sluit Freddy en Selma se seun Mark hom aan op Stormhoek na hy sy studies aan Elsenburg suksesvol afgehandel het en vorm Pa en Seun nou ‘n gedugte span!


 

(Foto geneem ongeveer 1980)

Selma en Mark met hulle 3 seuns:  Heinrichdie jongste seun en ‘n Besigheidsanalis in Durbanville;  Derick, die oudste seun en ‘n Rekenaaringenieur in Stellenbosch en Mark die middelste seun en hy boer saam met sy Pa op Stormhoek, Memel.

 

Freddy by sy seun Mark en Mark se vrou, Marizanne.

UITTREKSEL UIT VEEPLAAS (JULIE 2018)