DOHNE-MERINO’S

Geskiedenis van KROMSPRUIT DOHNE-MERINO’S

Die uiters suksesvolle KROMSPUIT DOHNE-MERINO’S is oor baie jare met passie en toewyding geteel tot een van die mees invloedrykenste Dohne-merino stoerye in SA!  Die stoet is ook een van die grootste in SA met ongeveer 1,200 geregistreerde ooie!  Die res van die kudde is ook van hoogstaande gehalte en ‘n lampersentasie van ongeveer 160% word jaarliks behaal wat opsigself boekdele spreek van die besondere sorg en toewyding!

Ooie lam net een maal per jaar en alle meerlinge lam in hokkies.  Die lamseisoen is net 7 – 10 dae lank aangesien die ooie gesinchroniseer word.  Een ram word vir elke agt ooie gebruik.  Dan word daar vir 24 uur per dag op Stormhoek gewerk!  ‘n Baie groot voordeel is dat alle lammers ewe oud is, almal dieselfde entings en doserings gelyk ontvang en seleksie reeds dan al kan begin plaasvind.  Die hele aksie is baie suksesvol omdat daar gemiddeld 1,6 lam per ooi per jaar gespeen word!  Dit is ongeveer 48 kg speenlam per ooi per jaar!  Die vleiswaarde van die skape maak ongeveer 70% van die inkomste uit terwyl wol ongeveer 30% van die inkomste lewer.  Die wolinkomstes dek dus al die kostes!  Daar word ongeveer 4,5 kg wol per skaap geskeer en lammers speen teen ongeveer 32 – 35 kg en weeg by afronding ongeveer 45 kg met ‘n karkasgewig van 21 kg… presies net wat die mark wil hê!

KROMSPRUIT DOHNES IS BEKEND VIR HULLE KWALITEIT WOL WAT HULLE JAARLIKS LEWER.  HIER IS ‘N VOORBEELD WAT IN DIE SKEERHOKKE OP STORMHOEK GESIEN KAN WORD! – UITSTEKENDE KWALITEIT!!

Na die nodige seleksie plaasgevind het lewer die KROMSPRUIT DOHNE-MERINO STOET 450 uitstekende ramme per jaar.  Die ramme word hoofsaaklik op die volgende 3 metodes verhandel:

  1.  Gedurende die 2 produksieveilings wat op Stormhoek aangebied word gedurende Februarie en Augustus jaarliks;
  2.  Direk van die plaas af aan kopers &
  3.  Jaarlikse op die Nasionale Dohne-merino veiling te Bloemfontein.

GEREELDE AANKOPE deur dieselfde kopers is ‘n bewys van tevredenheid en soos die STORMHOEK DOHNE-MERINO’S verbeter word die kopers se kuddes daarmee saam verbeter.


KROMSPRUIT DOHNE-MERINO RAMME is hoog in aanvraag.  So het ‘n ram al R160,000 behaal in 2014 op die Nasionale Veiling te Bloemfontein.  ‘n Ooi uit die kudde het enkele jare gelede ‘n vierling gelam en al vier die lammers is suksesvol grootgemaak.  Die geskiedenis van die ooi het soos volg verloop:  Die 2 ooilammers is terug in die KROMSPRUIT kudde en die 2 ramlammers is verhandel teen R55,000 en R25,000 elk en die ooi vir R10,000.  Verder het sy 7 kg wol gelewer.  Voorwaar prestasies om op trots te wees!

Ramme word een maal in die kudde gebruik voor hulle op die jaarlikse veilings verkoop word en die ooikudde word elke jaar “verjong” deur alle ooie wat vyf jaar oud is te verkoop.

Slegs 0,2% van die beste ramme geteel, word gebruik in die stoet!  Slegs die beste ramme wat aan al die kriteria voldoen word dus in die stoet gebruik!

KUDDEGESONDHEID:  KROMSPRUIT DOHNE’S plaas ‘n baie groot premie op kuddegesondheid en al die toepaslike entings, doserings en toepaslike gesondheidsmaatreëls word toegepas wat aan u, die koper, die nodige gemoedsrus verskaf.  Bogenoemde prestasies is nie haalbaar sonder die nodige bestuurspraktyke wat op ‘n hoë vlak in plek is nie.


KROMSPRUIT DOHNE-MERINO’S het reeds drie maal die prestasie van BOBAAS TELER VAN DIE JAAR ontvang.  Dit was in 1992; 2010 en 2012.  Voorwaar ‘n prestasie om op trots te wees.


UITVOERE:  Ram FS2.19 het ‘n hele aantal embrio’s opgelewer wat uitgevoer is na Australië waar die Dohne-merino ras ook suksesvol gevestig is.


PREDASIE BESTUUR:  Alpachas word tans suksesvol gebruik om te help in die stryd teen roofdiere soos jakalse en rooikatte.

‘n KLEIN ALPACCO. DAAR WORD TANS ONGEVEER 10 ALPACCO’S MET GROOT SUKSES GEBRUIK IN DIE PREDASIE BEHEERPROGRAM.

JONG OOIE – GESINCHRONISEER EN VIR 2 SIKLUSSE BY DIE RAMME GEDURENDE APRIL 2018


KROMSPRUIT DOHNE-MERINO’S en BOVELDERS:  Waar GENETIKA en TELING gestalte gekry het in GETALLE!

 

HIER IS EEN VAN ONS RAMME WAT OP ONS VEILING OP VRYDAG, 3 AUGUSTUS ’18 AANGEBIED WAS.


 

UITSTEKENDE LAMMERS GETEEL MET KROMSPRUIT DOHNE-MERINO RAMME – NOG ‘N BAIE TEVREDE JARELANGE KOPER!


JONG KROMSPRUIT DOHNE OOITJIES OP KRAAL TOE OM GESKEER TE WORD – SEPTEMBER 2018.


 

KROMSPRUIT DOHNE-MERINO’S: “Met WOL en VLEIS maak jy WINS en dit is my VREUGDE!” – Freddy Schmidt.